Dankbaarheid
- Think Outside The Box
- Jan 14, 2022
- 1 min read

Die woord DANKIE is so 'n bitter klein woordjie. Die betekenis is ongelooflik groot!
As ouer is dit een van die grootste geskenke wat ons ons kinders kan leer. Die twee belangrikste woordjies DANKIE en ASSEBLIEF!
Lukas 17:11-19
Om dankbaarheid te toon het so baie voordele - fisies, verstandelik en emosioneel - dat almal dit deel van hulle daaglikse lewe behoort te maak.
Dankbaarheid help mense om positiewer gevoelens te hê, goeie ondervindinge te geniet, hulle gesondheid te verbeter, probleme te hanteer en sterk verhoudings op te bou.
Wanneer ons opreg dankie sê - vir 'n geskenk, vriendelike woorde of praktiese hulp - laat ons die persoon wat dit gee, voel dat hy of sy vir ons kosbaar is en dat ons hom of haar waardeer. Selfs vreemdelinge reageer goed wanneer mense hulle opreg bedank vir 'n goeie daad, soos om 'n deur oop te hou.
Waarvoor of vir wie is jy vandag dankbaar?
Comments