top of page
Search
  • Writer's pictureThink Outside The Box

Uitdagings


Uitdagings


Om met grense te leef is een van ons grootste uitdagings. Dis is daar sodat jy jou doelwitte kan bereik en uiteindelik sukses kan behaal.


Daar is baie redes hoekom so baie van ons , op verskillende terreine, nie grense het nie. Dit kan wees omdat daar in jou ouerhuis geen struktuur of grense was nie, of te veel en te streng grense. Tog is dit iets wat baie belangrik is in ons lewens.


Jy het ook grense nodig wanneer dit kom by hulle wat naby aan jou is; jou ouers, lewensmaat of vriende.


Die stel van grense hang van jou selfwaarde af. As jy respek het vir jou menswees sal jy gemaklik wees met grense om jouself te beskerm. Iemand wat nie grense het nie, sal ook nie sommer respek vir ander se grense he nie.


Die Here stel nie net vir die een uur op 'n Sondag wanneer jy kerk toe gaan in jou lewe belang nie. Hy stel belang in al die fasette van jou lewe.


Ons mag al ons behoeftes met Hom deel. God help jou om jou doelwitte te bereik, maar Hy verwag van jou om jou deel te doen. As jy hard werk, en alles insit, sal God daar wees om jou op te tel wanneer jy val en jou by te staan tydens moeilike tye.


Dis wanneer jy terugkyk en een ry voetspore sien dat jy weet God het jou gebed verhoor.



11 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page