top of page
Search
  • Writer's pictureThink Outside The Box

My Lewe soos 'n Braai broodjie


'n Tradisionele braai broodjie is heerlik saam 'n braai vleisie op die kole gemaak.

'n Braai broodjie is baie maklik om te maak, daar kan ook baie vinnig met die broodjie aangejaag word. Met die regte stappe kan jy die heerlikste lewe lei.


Die Brood


Jou lewe kan gesien word as die brood.


Moenie teveel spandeer op 'fancy' snye brood nie. Jy wil nie 'n broodjie wat krummel of te dik is gebruik nie.


Ons as mens wil nie elkedag in die verlede lewe nie. Elke negatiewe gedagte laat jou lewe 'verkrummel', stukkie by stukkie. Dus is 'n duur snytjie brood nie altyd positief nie.


Ons het positiewe gedagtes nodig om 'n positiewe lewe te kan lei. Ja, dit is nie altyd maklik nie, maar as mens elkedag daaraan werk, gaan jy vrugte pluk.



Die vulsel


Tamaties kan groen of oorryp voorkom. Tamaties simboliseer jou bagasie. Ons as mens wil nie teveel bagasie saam ons iewers dra nie. Moenie dat jou verlede jou terughou nie. Neem jou lewe terug.


Uie simboliseer ons emosies. Ons moet ons emosies beheer.


Gerasperde kaas is die belangrikste komponent van die broodjie. Die kaas moet eweredig versprei word op die broodjie, anders is daar dele van die broodjie wat die kaas op het nie. Ons het ewe veel Liefde, Hoop, Geloof en Vrede nodig vir ons 'Broodjie'.


Botter aan die buitekant gee 'n goue kleur en 'n 'crisp' texture.

Leef met Selfvertroue. Fokus op jou suksesse, omring jouself met positiewe mense.


Vervang jou vrese met 'n gevoel van opwinding, vermy negatiewe gedagtes en verander jou postuur.


Die temperatuur van die kole moenie te warm wees nie, die broodjie kan brand.

Ons het die regte, positiewe persone in ons lewe nodig.


Wanneer jy daardie perfekte broodjie vashou, dan besef jy hoe ver jy in die lewe gegroei het.






42 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page